Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                   securedownload.gif

Wildsvleis Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

wildsvleis-skywe-in-wyn-sous.jpgBenodighede:

  • 8 Wildsvleis skywe (fillet).
  • 10ml Sout.
  • 25ml Olie.
  • 1 Ui, gekap.
  • 250g Sampioene, gesny.
  • 100ml Rooi wyn.
  • 5ml Worcester sous.
  • 250ml Room of joghurt.
  • 25ml Meel.
  • 5ml gekapte tiemie.
  • Vars gemaalde swart peper.

Metode:

Sprinkel sout oor die wildsvleis skywe. Verhit die olie in 'n braaipan en sauté die uie en sampioene. Verwyder van die hitte en hou warm. Verhit die braaipan en braai die vleis aan beide kante tot die vleis net gaar is. Voeg die uie en sampioene, wyn en worcestersous by. Kook vir 'n paar minute.

Meng die room en die meel en gooi oor die vleis. Roer die tiemie en swart peper by. Prut vir 5 minute en bedien met bruin rys of noedels.


appelkoos-springbok-saal.jpgBenodighede:

  • 1x 3kg Springbok saal.
  • 125g Gedroogde appelkose.
  • 50ml Vrugte blatjang.
  • 10ml Gemengde kruie, opgekap.
  • 10ml Sout.
  • 2 Knoffelhuisies, dun gesny.
  • Vars gemaalde swart peper vleis 250g streep spek.

Metode:
Smeer die blatjang oor die vleis. Maak 'n kerf oor die lengte van die rugstring en stop dit met die knoffel en appelkose. Sprinkel die kruie en sout en peper bo-oor. Plaas die streep spek bo-op die saal en bak vir 40 minute teen 180ºC of tot die vleis gaar is.

Bedien met kweperjellie.


Sprinbuck

volstruis-frikadelle.jpgBestandele:

  • 1 Dik sny wit brood, korsies verwyder.
  • 500g Volstruis maalvleis.
  • 1 Uie, geskil en in blokkies gesny.
  • 1 Groen appel, geskil, ontpit en gerasper.
  • 125ml Vrugte blatjang.
  • 2 Teelepel sout.
  • Knippie Swart peper.
  • 2 Eetlepels gekapte vars pietersielie.
  • 1 Eier.
  • 3 Eetlepels sonneblom olie.
  • 410g Room tamatiesop.
  • Heel pietersielie vir garnering.

Metode:

Verhit die oond tot 180ºC. Sit die brood in 'n bakkie en bedek met koue water. Laat dit staan tot meeste van die water geabsorbeer is. Pers die water uit die brood tussen jou hande en verkrummel die brood in 'n ander bak. Voeg die volstruis maalvleis, uie, appel, blatjang, sout, peper, pietersielie en eier by die brood. Meng goed. Vorm 20 klein frikadelle met jou hande.

Verhit die olie in 'n groot braaipan. Sit die frikadelle in die pan en braai totdat hulle eweredig bruin is. Dreineer op papierhandoeke. Plaas in 'n 2 liter oondbak. Gooi die sop oor die frikadelle en bak vir 40 minute. Draai elke nou en dan en gooi die sop met 'n lepel oor totdat die frikadelle gaar is en die sop borrel. Bedien met pap en strooi pietersielie oor.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola