Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                 securedownload.gif

Beesvleis Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

bees-lendeskywe.jpgHoof Benodighede: 

  • 6 Porsies Lendeskywe ("Scotch Fillet").
  • ± 1 Koppie meel.
  • Sout & Peper.

Kap die lendeskywe met 'n vleishamer en strooi tegelykertyd mildelik meel oor die vleis. Probeer om die meel in die vleis in te slaan sonder om die vleis te skeur. Bruin die skywe in olie (met uie indien verkies), die vleis moet slegs gebruin word en nie gaargemaak word nie. Pak die vleis in 'n oondskottel en hou warm terwyl jy die sous voorberei.

Benodighede vir die sous:

  • 1 Eetlepel Maizena.
  • 1 Eetlepel Bisto.
  • 2 Eetlepel Worcestershire sous.
  • 2 Eetlepel Tamatie sous.
  • 2 Koppies water.
  • Sout & Peper.

Metode:
Kook al die bestanddele saam en gooi oor die vleis. Bedek met 'n deksel of tinfoelie. Bak in die oond vir ongeveer 2½ ure. Eers in 'n warm oond.

Verlaag dan die hitte sodat dit slegs prut.


gekruide-beesfilet.jpgBenodighede:

  • 575g Beesfilet.
  • 1 Eetlepel olyfolie.
  • 2 Eetlepels mosterd.

Vir die Kors:

  • 2 Eetlepels gekapte vars pietersielie.
  • 1 Eetlepel gekapte vars grasuie.
  • 1 Teelepel gedroogde "tarragon".
  • 1 Eetlepel swart peperkorrels, grof platgedruk

Sny enige vet van die vleis af. Meng die olie en mosterd saam, en smeer oor die vleis met 'n mes. Vir die kors, meng die kruie en peperkorrels in 'n bord. Rol die beesfilet in die mengsel. Plaas die vleis in 'n roosterpan. Laat dit staan vir 2 ure, of totdat die vleis kamertemperatuur bereik. Verhit die oond tot 230ºC.

Vir 'n half-gaar filet, rooster vir 16 minute, of totdat die vleis bruin aan die buitekant is en pienk en sappig aan die binnekant. Vir 'n goed-gaar filet, rooster vir 18 - 20 minute. Bedek die filet met tinfoelie en laat dit staan in 'n warm plek vir 4 minute.

Sny dit dan in skywe en bedien.


 

ryk-beesvleis-bredie.jpgBestandele:

  • 450g Maer stowe vleis (kruisskyf).
  • ¼ Teelepel sout.
  • Swart peper.
  • 3 Eetlepels olie.
  • 2 Uie, fyngekap.
  • 2 Konffelhuisies, fyngekap.
  • 100g Sampioene, in skywe gesny.
  • 1 Eetlepel tamatie purée.
  • 2 Groot wortels, in skywe gesny.
  • 100g Groen bone, gekerf.
  • 2 Aartappels, in skywe gesny.
  • 600ml Bees aftreksel.
  • ½ Eetlepel mielieblom (Maizena).

Metode:

Voeg al die bestandele in 'n pot bedek die bestandele met water, behalwe die mielieblom.Kook vir ongeveer 40 minute teen medium hou die water net dop. U kan maar gedurig bietjie water bygooi of dalk selfs 'n wyntjie 'n rooie natuurlik. Sodra daar nou 'n lekker sousie is en die vleis sag is gooi nou die mielieblom in wat gemeng is met 'n bietjie water.

Kook nog 5 minute en geniet.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola