Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif+27  (0)72 4884 290                                       securedownload.gif  

Vis Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

Benodighede:

  • 1 Vars Snoek (Vra verskaffer om dit skoon te maak en om die kop en stert af te sny).
  • 4 Fyn gekapte knoffel huisies.
  • 2 tot 4 Tots wit wyn (opsioneel).
  • 1 Tot Soy sous (opsioneel).
  • ½ Koppie botter of olyf olie.
  • ½ Koppie appelkoos konfyt.
  • Suurlemoen sap.
  • Olyf olie.
  • Sout en pepper.
  • Tikkie Chilli sous.

Wat om te doen:

Wanneer jy die snoek wil braai was dit eers met koue lopende water. Nou moet die snoek gedroog word en daarvoor is daar 1 van 3 maniere:

- Hang dit in ‘n koel area met ‘n ligte briesie oor dit. Die maklikste manier om dit te doen is sit dit in jou toevoubare (hinged grid) braaier waarmee jy gaan braai en haak die in ‘n boom op.

- Sout die snoek met growwe see sout wat die water sal absorbeer. :-  Of maak droog met‘n kombuis handoek. Watter manier jy ook gebruik maak seker dat vliëe nie jou snoekie kom lasting val nie. Gebruik ‘n klein pot op die vuur of op die stoof, en braai die fyngekapte knoffel huisies in botter of olyf olie. Voeg dan die appelkoos konfyt en suurlemoen sap by. Indien u die opsionele bestandele wil byvoeg doen dit dan nou.Verhit en roer totdat alles gesmelt en goed geroer is. Indien jy die snoek gesout het soos in stap 2, bo genoem skud dan die sout af van die vis. Die meeste van die sigbare sout sal af wees van die snoek maar daar sal van die sout wees wat in die weefsel ingetrek het hou dit net in gedagte indien u sout wil byvoeg in een van die volgende stappe.

Die vooraf souting van die snoek met growwe sout is aanvaarbaar vir meeste mense maar nie almal hou daarvan nie. U moet maar toets of dit reg is vir u. ‘n Snoek moet oop gebraai word. Smeer die velkant van die snoek met olie sodat dit nie op die rooster vassit nie, plaas op rooster vel kant onder. Maal sout en pepper op die vleiskant van die snoek en tik liggies met die hand op die vleis.

Daar is twee maniere om die snoek te braai:

- Direk op die rooster:  Die kole van die vuur moet nie te warm wees nie omdat die vel nou maklik kan brand op die direkte hitte. Jy moet meer aandag aan die dag lê sodat jy die vis nie verbrand nie. Die vel gedeelte van die vis sal nou meer brosserig wees en mag dalk plek, plek lig swart vertoon effe verbrand maar u hoef nie hieroor bekommerd te wees nie u gaan nie die vel eet nie. 

-Foelie op die rooster en vis op foelie. Die kole mag maar nou warmer wees met die metode omdat die foelie beskerm die vis teen verbranding. ‘n Ander voordeel om dit op foelie te doen is dat die kante van die foelie op gebuig kan word, wat dan die sousie dan spaar op die foelie wat van die vis afloop en dat u minder sous mengsel (marinering) nodig het om op die snoek te gooi.Vis gebraai op ‘n foelie is ook makliker om af te lig vanaf die foelie na jou bord en verhoed ook breking.

Braai tyd: Of u nou die foelie of vel gedeelte direk op rooster het moet ‘n snoekie nie langer as 15 minute in totaal gebraai word nie. U kan afwyk van die voorgestelde braaityd van 15 minute afhangende van die grootte en dikte van die vis. Toets wanner die snoek gaar is deur ‘n vurk in te druk en effe te draai op die dikste gedeelte van die snoek. Sodra die snoek skilfer is die snoek gaar.

-Wanneer sonder foelie gebraai word kan daar vir 3 minute vleis kant onder en die res van die tyd die vel onder gebraai word.

-Wanneer met foelie gebraai word kan daar vir 9minute vel onder en 3 minute vleis kant onder en dan daarna verwyder die foelie en braai ‘n verdere 3 minute vel kant onder om die vel te verbruin.

Marinering van die snoek: Marineer slegs as die vleis kant bo is. Gebruik ‘n kwas of drip die marinade op die vleis met ‘n teelepel. Jy kan so gereeld as wat jy smag die snoek marineer totdat jou marinerings sousie op gebruik is. Indien u meer marinering nodig het na jou sin onthou volgende keer om bietjie meer aan te maak. 

-Daar is altyd ‘n risiko dat die vis op die rooster wil vasbrand, dus skud die rooster liggies afhangende van watter kant van die rooster is bo op enige oomblik van die braai om die vleis van die rooster los te maak.

-Bedien snoek vel kant onder en vleiskant bo.

-Skep op met ‘n “spatula / egglifter” of iets soorts gelyk.

-Breek eerder die snoek as om te sny want deur te sny kan jy die grate in kleiner stukkies sny wat dan in ‘n keel kan vassteek.

In die algeheel is snoek grate baie groot en is dit maklik om te sien en te vind in die snoek.


Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola