Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                    securedownload.gif

Sous Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always reconised the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

Bestandele:

  • ½Kg  (1.1 lb) Vars ontsade Rissies.
  • 100g  (3.5 oz) Knoffel.
  • 100g  (3.5 oz) Vars gemmer.
  • 4 Rooipepers (Opsioneel Groenpeper)
  • 4 Uie.
  • 4 Teelepel tamatie pasta.
  • 2 Teelepel virgin olyf olie.
  • 2Kg (70.5 oz) Bruin suiker.
  • 1½L (51 fl oz) Cider asyn.
  • Sap van 2 suurlemoene. (pulp)
  • 1 Teelepel sout.

Metode:

Sny die knoffel, gemmer, uie en rooipepers.

Verhit 'n diep pan totdat daar net 'n effe warm en voeg dan die bestandele een vir een by met 'n minuut tussen poses tussen die knoffel, rissies, uie, rooipeper en gemmer. Roer gereeld om te verhoed vir vasbranding. Gooi nou ½L (16.9 fld oz) Cider asyn, tamatie pasta by en bring tot kookpunt sonder deksel terwyl u gereeld roer sit nou 'n deksel op en haal vanaf hitte af en laat staan vir 30 minute.

Plaas die mengsel in 'n menger en meng totdat dit fyn is en plaas weer terug in die pot voeg die suurlemoen sap en suurlemoen pulp by en die oorgeblewe cider asyn suiker en sout. Bring die mengsel weer tot kookpunt en bring temperatuur af na lae hitte en prut nog vir 35 minute.Voeg warm in vooraf gesteriliseerde bottels laat afkoel en stoor in yskas.

Nota: 'n Gewaarborde sukses op jou vleis, vis of hoender disse.


Tamatie uie Chutney1.jpg'n Vinnige 5 minute om te maak en ongeveer 5 minute om te kook.

Bestandele:

  • 2 Uie.
  • 2 Klein Tamaties.
  • 1½ Teelepel Rooi Rissie (chilli) poeier.
  • 1 Eetlepel kookolie
  • ¾ Teelepel Colmanns Mostert.
  • 1 Teelepel swart lensie.
  • 1 Knippie Kerrie blaar.
  • ¼ Teelepel suiker.

Metode:

  1. Kerf tamatie en uie in klein stukkies.
  2. Meng tot 'n fyn pasta sonder water.
  3. Verhit jou pan effe en voeg die mengsel (olie, mostert, swart lensies, fyn kerrie blaar) stap gewys in met tussen poses.
  4. Voeg nou 'n ¼ koppie water by en voeg die rooi rissie poeier, sout. 
  5. Roer deeglik deur.
  6. Kook op medium hitte vir +- 5 minute of totdat die chutney begin dikkerig word, dit moet net nie te dik word nie.
  7. Indien te dik mag u maar 'n bietjie water byvoeg die produk moet net-net kan loop as jy dit uit 'n bottel sou gooi soos jou ander chutneys in die kombuis.

Daar kan effe meer kerrie en suiker bygevoeg word afhangende van die suurheid van die tamaties.

Geniet.


 

Benodighede:

  • 3 Grof gekapte uie.
  • 15ml Kookolie.
  • 30ml All Gold® tamatiesous.
  • 15ml Mrs Balls® Blatjan.
  • ½e Teelepel gemengde kruie.
  • 5g Maizena. (opsioneel).
  • 100ml Vleis ektrak aangemaak in water.
  • 30ml Worchestershire sous.
  • 30ml Soet wyn.
  • 1 Eetlepel Bruinsuiker
  • Knippie see sout.
  • Swart peper.

Metode:

Braai uie in kookolie tot mooi bruin. Meng die tamatiesous, soet wyn, worchestershire sous, gemende kruie, vleis ekstrak vloeistof, blatjan, see sout en swart peper saam by.Verhit op lae hitte totdat die vloeistof digter begin raak u kan ook nou die maizena byvoeg indien so verkies.

Gooi altyd laaste die suiker of heuning in afhangende van wat u verkies. Dit is belangrik om die mengsel gedurig te roer. Die sous moet net loperig wees en kan gebottel word stoor in yskas.

Nota: Die bruin suiker kan vervang word met 1½ teelepel Heuning.


 

Bestandele:

  • 4 Koppies tamatiesous.
  • 4 Groot uie, grof gekerf en gebraai.
  • 4 Teelepels sout.
  • 2 Koppie asyn.
  • 4 Teelepels mosterd poeier.
  • 3 Koppies water.
  • 3½ Koppies suiker.
  • 4 Teelepels kerriepoeier.

Metode:

Kook al die bestanddele saam vir 10 minute. Verdik met 6 eetlepels Maizena. Plaas in gesteriliseerde flesse en stoor in yskas.

Lewer ongeveer 3 liter sous.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola