Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif  +27  (0)72 4884 290                                     securedownload.gif                                                                 image006.gif

Skemerkelkies

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

Three Rivers.jpgBestandele:

  • 'n Blokkie suiker per glas.
  • Angostura bitter.
  • 1 Deel Vodka.
  • Koue sjampanje.
  • Gebreekte ys.
  • 'n Gedraaide stukkie suurlemoen skil.

Metode:

Week die suiker blokkie in angostura bitter en plaas dit versigtig onder in 'n koue lang sjampanje glas. Voeg 'n lepel vol gebreekte ys en die vodka by en maak versigtig met sjampanje vol.

Versier met die spiraal suurlemoen skil.


Bestandele:Harvey Wallbanger(Afr)

  • 1 Deel Vodka.
  • 2 Tee lepels Galliano per glas.
  • 'n Skyfie lemoen.
  • 7 Ys blokkies.

Metode:

Plaas 5 ys blokkies in 'n menger, voeg die Vodka en lemoen sap by en skud goed. Syg deur in 'n lang glas en voeg 2 ysblokkies by. Laat twee tee lepels Galliano bo op dryf en versier met 'n skyfie lemoen.

Bedien met 'n strooitjie.


 

James Bond C.jpgVan Kanadese afkoms.

Bestandele:

  • 2 Dele Kanadese whisky of enige ander wat jy verkies.
  • 1 Deel Dubonnet.
  • 1 Deel Triple Sec.
  • 6 Ysblokkies.

Metode:

Plaas ongeveer 6 ysblokkies in die menger en voeg die whiskey,Dubonnet en Triple Sec by. Skud goed en skink deur 'n koue kort glas met die ysblokkies.

Bedien onversierd.


 

Bestandele:Mint Julep

  • 13 Kruisement blare (vars).
  • 2 Eet lepels water.
  • 1 Tee lepel suiker.
  • 1 Tee lepel rum.
  • Kwart glas Whiskey.
  • Drie kwart glas fyn gebreekte ys.

Metode:

Kneus so 9 kruisement blare stukkend in 'n glas. Voeg suiker en water by, roer deeglik totdat die kruisement deeglik fyn is en die suiker opgelos het. Verwyder die kruisement deur dit uit te sif.

Maak die glas nou vol met gebreekte ys en gooi genoeg whiskey in om die glas so ongeveer 25mm van bo af te vul.Meng goed en laat 'n teelepel rum op die oppervlak dryf. Versier met 4 takkies kruisementblare.

Rangskik dit so in die glas dat die persoon wat dit drink se neus in die kruisement verdwyn wanneer hy 'n teug van die Julep neem.


 

Bannana punch.jpgBestandele:

  • 1 Deel Vodka.
  • ⅔de Van 'n deel appelkoos brandewyn (indien beskikbaar).
  • Sap van 'n ½e lemmetjie.
  • Sodawater.
  • Piesang in skywe gesny.
  • 'n Takkie kruisement.
  • Gebreekte ys.

Metode:

Meng die Vodka, appelkoos brandewyn en lemmetjiesap in 'n kroegmaatbeker. Maak 'n lang glas ⅔e vol met gebreekte ys. Giet die mengsel oor die ys en maak vol met sodawater.

Versier met skyfies piesang en takkie kruisement.


 

Screwdriver.jpgBestandele:

  • 1 Deel Vodka.
  • 3 Dele vars lemoensap.
  • 1 Eetlepel suurlemoensap per glas.
  • 1 Koppie fyn gemaakte ys.

Metode:

Plaas 1 koppie fyngemaakte ys in 'n menger. Gooi die vodka, die lemoensap en suurlemoensap in die menger en skud goed. Gooi in 'n koue glas.

Geniet.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola