Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                 securedownload.gif

Tuisgemaakte Koeldranke

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

Bestandele:

  • 16 Pinte koue water.
  • 2 Eetlepels gemmer hoogvol. (Opsioneel 1 droë klein gemmer loot)
  • 2 Teelepels Kremetart (Cream of Tartar).
  • 1 Teelepel korrek gis.
  • 7 Koppies suiker.
  • 2 Teelepels Wynsteen suur (Tartaric Acid).
  • 1 Koppie rosyne.

Metode:

Voeg in emmer met water en roer deeglik en gis vir 8ure.

Vir ‘n beter resultaat pikante gemmerbier gis vir ongeveer vir 3 dae.


Bestandele:

  • 14 x 750ml Lou water.
  • 2 kg Suiker.
  • 2 Koekies Suurdeeg.
  • 4 Eetlepels gekneusde gemmerstukke.
  • 1½ Koppie Rosyntjies.

Metode:

Los suiker in lou water op. Maak suurdeeg fyn en voeg dit by. Voeg gemmer by en roer om goed te meng. Gooi 1½ koppie rosyntjies by. Gooi in bottels, kurk toe en laat een tot 2 dae staan.

Syg deur 'n sif of lap en proe nou die resultaat nadat dit afgekoel is in die yskas.


Nota: Hierdie resep is vir grootmaat. Vir kleinermaat deel alles bestandele deur twee.

 

 

Bestandele:

  • 24 x 750ml Koue water.
  • 3kg Suiker.
  • 2 Koekies suurdeeg.
  • 60ml Fyn gemmer.
  • 150g Rosyntjies.
  • 10.57g Kremetart.

Metode:

Meng die suiker, kremetart, gemmer en fyngemaakte suurdeeg goed. Voeg water by en laastens die rosyne. Maak dig toe en laat staan tot rosyne bo dryf 'n gemiddeld van 'n dag en 'n nag.

Syg deur sif of lap en voeg in bottels en draai prop op. Laat nog 'n 2 dae staan koel af in yskas en geniet.

Nota: Hierdie resep is vir grootmaat. Vir kleinermaat deel alles bestandele deur twee.


 

Bestandele:

  • 10L Water.
  • 500ml Lou water.
  • 150g Rosyntjies.
  • 302g Gemmer.
  • 32g Suiker
  • 2 Lemoene se gerasperde skil.
  • 3kg Bruinsuiker.
  • 10.57g Wynsteensuur.
  • 21.14g Droë gis.
  • 2 Snye Bruin of wit brood.

Metode:

Kook die water, gemmer, suiker en gerasperde skil van die lemoen saam. Gooi die vloeistof mengsel in 'n 20L houer en vul verder op met koue water. Gooi nou die en rosyntjies en wynsteensuur by. Meng die lou water, gis en suiker by en laat staan ongeveer 30 minute lank tot goed skuimerig.

Plaas nou die brood bo op die gemmervloeistof en skep die suurdeug bo op dit. Laat gis tot die rosyntjies bo dryf vir +- 3 dae. Skep die brood af syg deur lap of sif bottel.

Nota: Die lemoene se pulp en sap kan ook bygevoeg word.


 

Bestandele:

  • 1L Water.
  • 12ml Gemmerkonfyt.
  • 528g Suiker
  • 125ml Lemoensap.
  • 125ml Suurlemoensap.

Metode:

Maal die gemmerstukkies baie fyn. Kook water vir ongeveer 5 minute met die fyn gekapte gemmer. Voeg suiker by en kook nog vir ongeveer 'n verdere minuut lank.

Syg deur sif of witdoek en voeg nou die lemoensap en suurlemoen sap by. Laat afkoel en plaas in yskas om koud te word.

Nota: Indien baie sterk verdun met water om te bedien.


 

Make a free website with Yola