Billionhbn Advertising

  securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                    securedownload.gif

Varkvleis Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

vark-ribbetjie.jpgBenodighede:

  • 1kg Vark in repe gesny tussen die ribs (sodat elke rib apart is, en nie net gekraak nie).
  • 1 Ui, geskil.
  • Knoffel flokkies.
  • 3 Lourierblare.

Marinade:

  • 150ml Tamatie sous.
  • 75ml Blatjang & 75ml heuning.
  • Sout en vars gemaalde swart peper na smaak.
  • Paprika na jou smaak.
  • 12,5ml Worcester sous.
  • 12,5ml Soja sous.
  • 5ml Mosterd poeier.
  • 2ml Gedroogde basilikum ("basil").
  • 50ml Asyn.
  • 50ml Appelkooskonfynt.
  • 60ml Bruin suiker.
  • 3ml Tobasco sous.

Metode:

Plaas al bogenoemde bestanddele in 'n groot pot en bedek met water. Prut vir 40 tot 50 minute tot die vleis sag is, gooi die water af. Plaas al die bestanddele in 'n groot pot en verhit stadig oor 'n lae hitte vir 10 minute en roer aanhoudend.

Plaas die ribbetjies in 'n oondpan en bedek met die sous. Bak vir 1 uur teen 180ºC. Draai die ribs gereeld om en sorg dat dit altyd bedek is met marinade. Bedien met slaai en skyfies.


heuning-geroosterde-vark-tjops.jpgBenodighede:

  • ½ x 440g Blik pynappelringe in sap.
  • 4 Eetlepel heuning.
  • 1 Eetlepel droë sjerrie.
  • 2 Teelepel korrelrige mosterd.
  • 1 Teelepel warm rissie poeier.
  • 1/4 Teelepel sout.
  • ¼ Swart peper.
  • 4 x 100g Vark lende tjops.
  • Spriet uie vir garnering.

Metode:

Dreineer die pynappelring, en bewaar die sap. Kombineer die sap met die heuning, sjerrie, mosterd, rissie poeier, sout en swart peper. Plaas die vark tjops en pynappelringe in 'n vlak skottel. Gooi die marinade oor, maar hou 2 eetlepes van die mengsel oor. Bedek die tjops en sit in die yskas vir 30 minute. Draai die tjops een maal om.

Verhit die rooster tot medium. Verwyder die tjops en pynappel uit die marinade en gooi die marinade weg. Sit die tjops op 'n roosterrak en verf met die 2 eetlepels marinade. Rooster vir 8 - 10 minute aan elke kant, totdat die tjops gaar is. Rooster die pynappels vir die laaste 5 minute en draai hulle een maal om.

Rangskik die vark tjops en die pynappelringe op 'n groot opdienbak en garneer met die spriet uie.


 

mint-marinade-vark-tjops.jpgBenodighede:

  • 100ml Lemoensap.
  • 10g Suurlemoenskil.
  • 10ml Suurlemoensap.
  • 10ml Robertsons Mint.
  • 5ml Robersons (Sweet Basil).
  • 60ml Heuning.
  • 3 Knoffelhuisies, gekneus.
  • 100ml Olyf olie.

Metode:

Meng die bestanddele saam en bêre oornag in 'n lugdigte houer in die yskas tot benodig.

Marineer die vark tjops oornag in die marinade en braai die volgende dag.


 

oondgebakte-vark-fillet-met-anys.jpgBenodighede:

  • 60ml Olie.
  • 5g Sout.
  • Vars gemaalde swart peper.
  • 15ml Gekapte vars oreganum of 5ml gedroogde oreganum..
  • 5ml Vars tiemie of 2ml gedroogde tiemie.
  • 7,5ml Anys.
  • 1,5kg Vark filet.
  • 15ml Meelblom.
  • 2 Uie, in ringe gesny.
  • 750ml Wit wyn.
  • 625ml Hoender aftreksel.
  • 2 Knoffelhuisies, gekneus.
  • 1ml Neutmuskaat.

Sous:

  • 30g Botter.
  • 15ml Meelblom.
  • 125ml Room.

Metode:

Smeer die olie, sout, peper, oreganum, tiemie en anys eweredig oor die vleis. Sprinkel die meelblom oor die vleis, plaas die uit bo-op en plaas die vleis in 'n oondbak in die yskas.Verhit die oond tot 200ºC. Gooi die wyn, aftreksel, knoffel en neutmuskaat in 'n pot. Bring tot kookpunt en kook vir 5 minute. Plaas die vark filet in die oond en rooster vir 15 minute. Gooi die vloeistof by die fillet en verlaag die oond temperatuur na 160ºC.

Bedek die vleis met tinfoelie (blink kant na onder) en oondrooster vir nog 'n uur. Verwyder die tinfoelie en rooster vir 'n verdere uur.Plaas die vleis 'n opdienbak. Smelt die botter in 'n pan, voeg die meel en die sap uit die oondbak van die vleis by en roer aanhoudend. Gooi die room en sout en peper by na smaak. Sny die vleis in skywe en bedien met die sous.


 

vark-en-kasjoeneut-roerbraai.jpgBenodighede:

  • 450g Vark filet.
  • 1 Eetlepel mielieblom (Maizena).
  • 3 Eetlepels soja sous.
  • 300ml Hoender aftreksel.
  • 2 Eetlepel sonneblom olie.
  • 1 Ui, in wiggies gesny.
  • 175g Brokkoli.
  • 1 Soet rooi peper, ontpit en opgesny.
  • 2 Knoffelhuisies, gekneus.
  • 2,5cm Stukkie gemmer, geskil en gerasper.
  • 50g Kasjoeneute.

Metode:

Sny die vark in repies, 5cm in lengte en 1 cm wyd. Meng die mielieblom (maizena) en soja sous. Roer die aftreksel by. Verhit 1 eetlepel olie in 'n wok of braaipan, totdat dit warm is maar nie rook nie. Voeg die vark by en roerbraai vir 3 tot 4 minute. Verwyder die vark uit die wok en hou eenkant. Gooi die oorblywende olie en uie in die wok.

Roerbraai vir 2 minute. Voeg die brokkoli, rooi peper, knoffel en gemmer by. Roerbraai vir 2 tot 3 minute. Plaas die vark terug in die wok. Voeg die mielieblom (maizena) mengsel by en bring tot kookpunt, roer aanhoudend totdat die sous verdik. Prut vir 2 tot 3 minute, tot die vark warm is. Roer die neute by en bedien onmiddellik.


 

vark-pootjie.jpgBenodighede:

  • 1 Vark pootjies.
  • 250g Sny boontjies (gedroogte wit bone).
  • 1 Wortel.
  • 1 Prei.
  • 1 Selery stokkie.
  • 1 Klein ui.
  • 15ml Olyf olie.
  • 5ml Rooi wyn asyn.
  • Sout, peper, pietersielie.

Metode:

Week die boontjies in koue water op die vorige dag. Kook vir 1 uur gesoute water. Kap die wortel, selery stokkie, prei en ui baie fyn. Wanneer die boontjies sag is, voeg die gekapte groente by en kook vir 5 minute. Dreineer en gooi in 'n slaaibak. Meng die asyn met die sout, peper en pietersielie, gooi 10 - 15ml olyfolie by en voeg by die bone en groente mengsel terwyl die groente nog warm is.

Laat dit marineer vir 2 tot 3 ure en roer dit elke nou en dan. (Moenie dit in die yskas plaas nie). Kook die vark pootjies in 'n baksakkie in kookwater vir 20 tot 30 minute tot sag. Haal die sakkie uit die pot en laat dit vir 'n rukkie afkoel. Sny die sakkie oop en gooi die sous oor die bone en meng goed. Sny die pootjies in skywe en bedien op die bone en groente mengsel.


 

Make a free website with Yola