Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                 securedownload.gif

Sop Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

aartappel-wituiesop.jpgBestandele:

  • 750 ml Room.
  • 50ml Botter.
  • 1 Pakkie wit uiesop.
  • Sout, peper
  • Aromat

Metode:

Was die aartappels en sny in skywe, Moenie die skywe heeltemal deursny nie. Die aartappels moet heel bly aan die onderkant (soos 'n konsertina). Rangskik in 'n oondbak. Meng al die bestanddele en gooi oor die aartappels. Bak vir 1 uur by 160ºC.

Jy kan ook brusselse spruite byvoeg en saam met die aartappels bak in die sous.


pampoen-sop.jpgBestandele:

  • 750ml Kookwater.
  • 250ml Droë wit wyn.
  • 100g Cheddar kaas.
  • 100ml Room.
  • 50ml Fyngekapte pietersielie.
  • 35g strooisuiker
  • 7ml Neutmuskat.
  • 4kg Boerpampoen.
  • 1 Hoender aftreksel blokkie.
  • Vars gemaalde swart peper.
  • Kaneel gemeng met suiker na smaak.

Metode:

Skrop die pampoen skoon met warm water en droog af.  Sny 'n sirkel om die steel en verwyder die pitte. Verwyder al die pampoenvleis en laat 'n rand van omtrent 2cm dikte reg rondom. Gebruik 1kg pampoenvleis vir die sop. Die res kan gevries word vir latere gebruik.

Kook die 1kg pampoenvleis in die droë wit wyn en die kookwater tot sag. Dreineer, maar behou die vloeistof. Vul die vloeistof aan tot 400ml en voeg die hoender aftreksel blokkie by. Meng goed. Versap die pampoen en voeg die 400ml vloeistof by. Meng goed en gooi die swart peper, neutmuskaat en kaneelsuiker by.

Roer die room en kaas by en verhit tot warm, maar moet dit nie kook nie. Roer nou en dan. Skep die sop in die hol pampoenskil net voordat dit opgedien word.

Sprinkel pietersielie oor.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola