Billionhbn Advertising

 +27  (0)72 4884 290                                      

Groente Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

pampoen-gebak-port.jpgBestandele:

  • 250g Botter.
  • 1 Koppie bruin suiker.
  • ½ Koppie Port.
  • Sout en peper.
  • Pampoen in skywe gesny. 

Metode:

Smelt die botter.

Meng die suiker, botter, Port, sout en peper saam. Plaas die skywe of blokkies in 'n oondskottel. Gooi die mengsel oor die pampoen en strooi kaneel oor.

Bak vir +- 1 uur teen 180ºC.


oondgebakte-pampoen.jpgBestandele:

  • 1 Boerpampoen.
  • 2 Eetlepels botter.
  • 2 Knofelhuisies, fyngekap.
  • Knippie sout.

Vulsel:

  • 2 Eetlepels heuning.
  • 2 Eetlepels gekapte kappertjiesaad. ("capers")
  • 2 Kaneel stokkies.
  • 1 Koppie bruinrys.
  • 1 Uie, fyngekap.
  • 1 Eetlepel slaaisous.
  • 1 Eetlepel soja sous.
  • ½e Teelepel borrie. ("turmeric")
  • ½e Koppie gekapte okkerneute.

 Metode:

Verhit die oond tot 150ºC. Skrop die pampoen deeglik skoon met warm water en droog dit af. Sny 'n sirkel rondom die stam en verwyder die pitte. Meng die botter en knoffel en sout saam en smeer die pampoen met die mengsel. Bedek met tinfoelie en bak vir 2½ ure.  Spoel die rys en plaas in 'n kastrol. Voeg die uie, olie, soja sous, borrie en kaneel by. Voeg sout na smaak by, bedek en kook tot gaar.

Verwyder van die hitte en haal die kaneel stokkies uit. Voeg die neute, heuning en kappertjiesaad by en meng deeglik. Haal die pampoen uit die oond en vul met die rys mengsel. Bedek en bak vir nog 'n uur totdat die pampoen gaar is. Sny in skywe en bedien.


 gestoofde-kerrie-wortels.jpgBestandele:

  • 400g Geskilde wortels.
  • 250g Uie.
  • 25g Botter.
  • 5ml Kerrie poeier.
  • ½e Blokkie bees aftreksel.
  • 50ml Kookwater.
  • 1 Appel, gerasper.
  • Sout na smaak.
  • Fyngekapte pietersielie.

Metode:

Sny die wortels en uie in dun snye. Smelt die botter in 'n groot braaipan met deksel, sprinkel die kerrie poeie oor en braai vir 'n paar minute. Voeg die groente by en braai liggies. Los die bees aftreksel blokkie op in die kookwater en voeg saam met die appel by die groente mengsel. Voeg sout na smaak by.

Plaas die deksel op en prut stadig vir omtrent 15 minute totdat die wortels sag is. Sprinkel die pietersielie bo oor en bedien warm.


 

aartappel-gebak.jpgBenodighede:

  • 750ml Melk.
  • 250g Streepspek, fyn gesny.
  • 250g Knopie sampioene, in skyfies gesny.
  • 2 Knoffelhuisies, fyn gekap.
  • 1 Uie, fyngekap.
  • 1kg Gewasde aartappels.
  • Botter.
  • Sout, vars gemaalde.
  • Swart peper.

Metode:

Smelt botter in 'n braaipan en braai die knoffe, spek, sampioene en uie. Dit is nie nodig om die aartappels te skil, tensy dit so verkies word. Sny die aartappels in skywe en pak lae in 'n oondskottel van aartappels en dan die spek mengsel. Herhaal die lae en eindig met 'n laag aartappels. Gooi op elke laag sout, peper en neutmuskaat.

Gooi die melk oor die aartappels en bak vir 40 tot 50 minute by 180ºC totdat die aartappels gaar is. Plaas die bak onder die rooster om die aartappels liggies te verbruin.


 

Benodighede:

  • 1½ kg Patats.
  • 500ml Lemoensap.
  • 125ml Bruin suiker.
  • 50ml Maizena.
  • 2ml Sout.

Metode:

Kook die patats in soutwater tot sag. Dreineer en trek die skille af. Sny in skywe en pak in 'n oondskottel.Meng die maizena met 'n bietjie lemoensap om 'n gladde pasta te vorm. Voeg die res van die sap en die bestanddele en verhit totdat die sap verdik.

Gooi die sous oor die patats en bak vir 45 minute teen 160ºC.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola