Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                 securedownload.gif

Skaap en Lam Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

skaap-kerrie.jpgBenodighede:

  • 1kg Skaap skenkel.
  • 2 Uie.
  • 5 Teelepels olie.
  • 1 Lourierblaar.
  • ½e Teelepel fyn kaneel.
  • 1 Teelepel fyn koljander.
  • ½e Teelepel fyn "cumin".
  • 2 Knoffelhuisies, gekneus.
  • 4 Teelepels kerriepoeier.
  • 5 Teelepels meelblom.
  • 1 Teelepel borrie.
  • 410g Blik heel tamaties.
  • 8 Gedroogde perskes.
  • 2 Eetlepel vrugte blatjang.
  • 150ml Vleis aftreksel.
  • 1 Teelepel wit suiker.
  • 2 Teelepel sout.
  • Swart peper.

Metode:

Skil die uie en kap dit fyn. Verhit die olie in 'n groot braaipan. Voeg die uie by. Braai totdat die uie sag is. Voeg die lourierblaar, speserye, knoffel, kerrie poeier, meelblom en borrie by. Kook vir 2 minute terwyl jy dit aanhoudend roer.Sny enige oortollige vet af van die vleis en plaas die vleis in die pan.

Kook vir 5 minute totdat die vleis liggies gebruin is. (Indien die vleis aan die bodem vassit, voeg nog olie by). Dreineer die tamaties, maar bewaar die sous. Kap die tamaties en die perskes fyn. Voeg dit by die vleis, saam met die sous en die res van die bestanddele. Meng goed. Prut vir 2 ure, totdat die vleis sag is.


lamsrak.jpgBenodighede:

  • 60ml Vars suurlemoensap.
  • 4 Teelepels olyf olie.
  • 4 Teelepels rissie sous.
  • 2 Lamsrribbe, elk met 6 tjops, vet afgesny en bene deurgesaag.
  • 2 Eetlepels mint, gekap.
  • 2 Knoffelhuisies, gekneus.

Metode:

Verhit die oond tot 190ºC. Sny soveel as moontlik van die vet af van die lamsrakke, laat slegs 'n dun lagie vet agter. Meng die mint, olyf olie, rissie sous, suurlemoensap en knoffel saam. Plaas die lamsrakke in 'n groot, vlak glasbord. Gooi die marinade oor die lam. Gebruik om 'n kwas om dit deeglik oral te bedek met die marinade.

Bedek en laat vir 30 minute marineer. Dreineer die lam, en bewaar die marinade. Laat die lam op 'n bord staan met die vleiskante na buite en die bene ineengevleg (sien foto). Bind met tou vas om die rakke in posisie te hou. Laat die lam op 'n rak oor 'n oondpan staan en rooster vir 1 uur vir medium gaar of 1¼ uur vir goed gaar.

Verf elke nou en dan met die marinade. Verwyder die lam van die oond, verwyder die tou en bedek die vleis met tinfoelie. Laat dit vir 5 minute staan voordat jy dit bedien.

Geniet  :-)


 

mediterreense-lamsvleis.jpgBenodighede:

  • 1½ kg Lamsboud, enige oormaat vet verwyder.

Vir die vulsel en marinade:

  • 3 Eetlepels olyf olie.
  • 50g Bronkors ("watercress"), fyngekap.
  • 2 Knoffelhuisies, gekneus.
  • 4 Spriet uie, fyngekap.
  • 100g Vars volgraan broodkrummels.
  • 3 Eetlepels fyngekapte vars koljander.
  • 1 Eetlepel dennepitte, fyngekap.
  • 40g Gepitte swart olywe, fyngekap.
  • 1/4 Teelepel sout.
  • Swart peper.
  • Skil van 2 suurlemoene, fyn gerasper.
  • Sap van 1 suurlemoen.
  • 2 Teelepels fyngekapte vars oreganum.

Metode:

Maak 'n holte in die lam. Vir die vulsesl, verhit 2 eetlepels olie in 'n braaipan. Voeg die bronkors, knoffel en uie by. Kook vir 4 minute. Kombineer die uie mengsel met die broodkrummels, dennepitte, olywe, sout, peper, 2 eetlepels koljander en helfte van die suurlemoenskil.

Druk die vulsel in die holte in die lam in. Bind toe met tou en plaas in 'n groot, vlak bakskottel.Vir die marinade, kombineer die oorblywende olie, koljander, suurlemoenskil, suurlemoensap en die oreganum. Skep die marinade met 'n lepel en gooi oor die lam. Bedek met kleefplastiek en verkoel vir 1 uur.

Verhit die oond tot 190ºC. Dreineer die marinade van die lam en bewaar dit. Plaas die lam op 'n rak oor 'n roosterpan in die oond. Rooster vir 30 minute, en gooi dan weer van die marinade oor. Rooster vir 'n verdere 45 tot 60 minute totdat die lam gaar is in die middel.


 

Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola