Kerrie Boontjies Resep
Bestandele:
- 2Kg Jong boontjies gekerf.
- 1Kg Gekerfde uie.
- 2 Desert lepels gelyk geskraapte sout.
- 1 Bottel 750ml asyn (wit spirits asyn)
- 3 Koppies suiker.
- 2 Desert lepels kerrie gelyk geskraap.
- 2 Eetlepels hoogvol Maizena.
- 2 Teelepels Borrie. (Opsioneel)
Metode:
Kook boontjies 10min in stoompot of in gewone pot tot sag, ontwater die boontjies deur ‘n sif.
Kook suiker en asyn saam. Gebruik verkieslik lae hitte. Maak paste van Mayzena borrie en kerrie. Gebruik koue water. Roer pasta nou by kokende asyn en suiker mengsel.
Nadat pasta klaar gekook het gooi oor die boontjies. Kook nog ‘n verdere 20-25 minute in ‘n oop pot. Roer gedurig.
Bottel warm of koud in gesteriliseerde bottles gooi produk gelyk met die bokant van die bottel.
Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected