Billionhbn Advertising

 securedownload1.gif +27  (0)72 4884 290                                 securedownload.gif

Slaai Resepte

Feel free to share on any Social Media Platform but remember to always recognize the author and the website the post are from. You don't even need to copy/paste to share. All the social networking platforms links are below on the page.

Bestandele:

  • 2kg Uie, geskil en in ringe gesny.
  • 400ml Appelkooskonfyt.
  • 400ml Druiwe asyn.
  • 125ml Suiker.
  • 7ml Borrie.
  • 7ml Kerriepoeier.
  • 5ml Sout.

Metode:

Sit die uie in 'n mengbak. Meng die res van die bestanddele. Voeg by die uie en meng goed deur. Bedek en laat oornag sttaan. Roer goed deur die volgende dag. Pak in gesteriliseerde flesse en skroef toe. Stoor in die yskas.

Lewer so 2,5 tot 3 liter slaai.


Bestandele:

  • 150g Pitlose rosyne.
  • Sap en fyn gerasperde skil van 2 lemoene.
  • 625ml Gaar, bruin lensies.
  • Sout en vars gemaalde swart peper.
  • 60ml Olyfolie.
  • 15ml Wit asyn.
  • 2ml Komyn.
  • 2ml Mosterdpoeier.
  • 5ml Kerriepoeier.

Metode:

Week die rosyne oornag in die lemoensap. Voeg die volgende dag die lensies en die lemoenskil by. Geur met sout en vars gemaalde swart peper. Klits die olyfolie, asyn, komyn,mosterdpoeier en kerriepoeier saam. Giet oor die slaai. Laat een uur staan voor opdiening.

Genoeg vir 6 tot 8 mense.


Bestandele:

  • 750ml Grof gerasperde kopkool.
  • 1 Appel, geskil en grof gerasper.
  • 1 Groot wortel, grof gerasper.
  • 5ml Basiliekruid.
  • 125ml Gekapte okkerneute (opsioneel).
  • 125ml Korente.
  • 125ml Vars lemoensap.
  • 30ml Dik room.
  • 5ml Strooisuiker.
  • Sout en peper na smaak .

Metode:

Meng die eerste 6 bestanddele goed saam. Gooi die sap by en roer die room in. Geur met sout en peper na smaak.

Verkoel in die yskas.


Slaai Mengsel:

  • 1 Blikkie gebakte boontjies in tamatiesous.
  • 1 Blikkie botterbone, gedreineer.
  • 1 Blikkie gekerfde groenboontjies, gedreineer.
  • 1 Soetrisse, grof gekap.
  • 1 Groot ui, grof gekap.

Marinade:

  • 125ml Appelasyn.
  • 125ml Sonneblomolie.
  • 125ml Bruin suiker.

Metode:

Meng al die bestanddele vir die slaaimengsel in 'n houer wat kan seël. Verhit al die bestandele vir die marinade tot kookpunt en kook vir 5 minute. Gooi dit oor die slaaimengsel en laat afkoel. Seël en hou in die yskas.

Lewer 10 tot 12 porsies.


Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected

Make a free website with Yola