Ingelegde Komkommer Resepte
Bestandele:
- 4 x Engelse komkommers of 8 x gewone dikskil komkommers (skywe gesny).
- 4 Eetlepel growwe sout.
- 2 Koppie kookwater.
- 1 Koppie uieskywe.
- ½ Rooi rissie, ringetjies gesny.
- 1½ Koppie asyn.
- 1½ Koppie suiker.
- ½ teelepel elk, selderysaad; mosterdsaad; fyn borrie.
Metode:
Meng growwe sout en kookwater. Week gesnyde komkommers oornag in die soutmengsel. Dreineer deeglik die volgende dag en was met vars water.Voeg uie en rissies by die komkommer skywe. Bring die suiker, asyn, sade en borrie tot kookpunt.
Voeg groente by prut vir 8 tot 10 minute. Gooi warm piekels in gesteriliseerde flesse.
Verseël.
Created by the webmaster of Billionhbn™ under the supervision of Crazy Al's cc1®
© Copyright protected